Roro in Cape Town: Roll-on-Roll-off camping gear in Maitland

Vir diegene wat weier om ‘n kampwa te sleep en dus noodgedwonge tot dusver moes klaarkom met ‘n tent op die voertuig se dak of op die grond, is daar nou ‘n uiters bruikbare en praktiese alternatief.

  • Die Klipspringer

    Die Klipspringer word vervaardig deur die behuising, soortgelyk aan n kampwa, op n basisraam te monteer, wat in plaas van met as en wiele, toegerus is met beenrame voor en agter. Deur hierdie beenrame af te swaai kan die Klipspringer enige plek vinnig van die voertuig afgelaai word en net so vinnig weer teruggeplaas word.Die ontwerp is gebaseer op die -ROLL ON, ROLL OFF - werkswyse en die Klipspringer is toegerus met n aantal rollers onderaan die basisraam . Nadat die agterste beenraam afgeswaai is, word die bene uitgedraai totdat die Klipspringer van die bak lig, waarna die voertuig vorentoe ry. Die Klipspringer bly staties deurdat die rollers toelaat dat die voertuig onderdeur kan uitry sonder dat die Klipspringer beweeg. Sodra die agterste rand van die bak onder die voorste beenraam verby beweeg, swaai laasgenoemde na die vertikale staan-posisie en kan dan uitgedraai word om die Klipspringer heeltemal van die bak te lig sodat die voertuig vrygestel word.

Contact

Roro in Cape Town: Roll-on-Roll-off camping gear

die klipspringer